Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Finland |
Provinsie | Satakunta |
Administratiewe gewes | Rauma |
Koördinate | 61°8′N 21°30′O / 61.133°N 21.500°O |
Stigting | Laat Middeleeue |
Stadstatus | 17 April 1442 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1110,14 vk km |
- waarvan land | 495,58 vk km |
Hoogte bo seevlak | - m |
Bevolking: | |
- Totaal (30 Junie 2010) | 39 692 |
- Bevolkingsdigtheid | 80,1/vk km |
- Taal | Eentalig Fins |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Stadsdirekteur | Arno Miettinen |
Amptelike Webwerf | www.rauma.fi |
Rauma (Fins: [ˈrɑu̯mɑ]; Sweeds Raumo) is 'n stad en munisipaliteit in die weste van Finland. Dit is in die suide van die provinsie (of landskap) Satakunta aan die Oossee geleë.
Rauma is die derde oudste stad in Finland ná Turku (Åbo) en Porvoo (Borgå) en het reeds in 1442 stadstatus gekry. Vandag staan Rauma veral vir sy oustad met talle historiese houthuise en sy kenmerkende dialek bekend. Die oustad – die grootste van sy soort in die Nordiese lande – is in 1991 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.